Lenro Stoltz

Biografie

Hy is gebore in Port Elizabeth, tans in Uitenhage woonagtig, en sou nooit kon droom oor `n musikale loopbaan nie. “Ek het maar net nou en dan vir pelle gesing by `n braai en dan natuurlik altyd vir die stuurwiel in die kar. Daar was nooit baie optredes en sulke goed as n kind nie, maar net my ouma wat gedink het ek is die oulikste dingetjie op aarde [behalwe as ek en my tweeling broer die suiker gemors het]. Maar ek was altyd lief vir sing.

 

Ek het eendag vir n pel in die motor gesing, wat my toe aangemoedig het om te sing en skryf. Ek het eers vir hom gelag, maar toe besluit om die ding op my eie manier aan te pak. Stap vir stap het ek dit op my eie manier gedoen en 3 weke later was die liedjie klaar. Hierdie eerste liedjie ‘Lewe jou lewe’ het ook die BayFm Spiraal toekenning vir “Beste Liedjie” gewen 11 maande nadat dit opgeneem was. Nou, 15 liedjies later “gaan dit baie vinniger as tevore, maar tog is dit iets wat `n mens nooit kan jaag nie”.

Biography

Lenro Stoltz, who was born in Port Elizabeth and currently residing in Uitenhage, did not once dreamed that he will embark on a musical career. “For the fun of it, I occasionally sung to my friends at a braai and then, of course, always to the steering wheel when driving. There was not much performances and shows when I was a child, but my grandmother thought I was the cutest thing on earth [except for the times me and my twin brother messed the sugar]. But, I was always fond of singing.

 

One day I sang to a friend in the car, and he encouraged me to sing and write my own songs. At first I laughed at him, but then decided to tackle it in my own way. Step by step I did it my own way and three weeks later the first song was finished. This song, ‘Lewe jou lewe’ won the BayFM Spiraal Award for ‘Best Song’ 11 months after it was recorded. Now, 15 songs later, writing and recording songs go much faster than at the beginning, but still it is something that a person should never rush.”

Please fill in the form below to continue.

Name and surname:   
Email address: